As ons deur die Nuwe Verbond se Pasga na God toe terugkeer, ontvang ons die vergifnis van sondes en die ewige lewe. As enigiemand egter nie in God se verbond bly nie, sal God hulle verlaat; op die ou end sal hulle ʼn ellendige einde in die gesig staar aangesien bose geeste hulle binnegaan, net soos hulle gedoen het met Koning Saul en Judas Iskariot.
Toe Koning Hiskia boodskappers gestuur het om te proklameer: “Hou die Pasga en keer terug na God toe,” het die mense in Noord–Israel hulle bespot en uitgekoggel. Op die ou end was hierdie mense vernietig. Mense wat vandag op so ʼn manier reageer, sal die dieselfde einde as die mense van Noord–Israel in die gesig staar.
Alhoewel daar baie kerke in die wêreld is, kan daar slegs gesê word dat net die kerk wat die Pasga hou, wat God se belofte is, na God toe teruggekeer het en geseën is as die kerk waar God by hulle is.
Hiskia het boodskappers gestuur oor die hele Israel en Juda en ook briewe geskryf aan Efraim en Manasse met ʼn oproep om na die huis van die Here in Jerusalem te kom om die paasfees [pasga, AFR53] vir die Here die God van Israel te vier. … “… kom terug na die Here, na die God van Abraham, Isak en Israel.” 2 Kronieke 30:1–6
Posbus 119 Bundang, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Tel. 031-738-5999 Faks 031-739-5998
Hoofkantoor: 50, Sunae-ro, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Hoofkerk: 35, Pangyoyeok-or, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
ⓒ Wêreldsending-Genootskap-Kerk van God. Alle regte voorbehou. Privaatheidsbeleid