Deesdae beweer talle kerke dat hulle Pinkster hou en
die Heilige Gees ontvang het.
Ons kan egter die seëninge van die Heilige Gees
ontvang wanneer ons Pinkster hou op die dag wat God
aangestel het volgens die regulasie wat God
daargestel het.
Die Pinksterdag is die vyftigste dag na
die Dag van Eerstelinge [Opstandingsdag].
Volgens Jesus se woord het die dissipels vir tien dae
vanaf die Hemelvaartdag in Markus se bovertrek gebid
en die Heilige Gees ontvang deur Pinkster te hou.
Wêreld Sending Genootskap Kerk van God is die
enigste kerk wat die seën van die Heilige Gees ontvang
wat in die Bybel geprofeteer word deur die Pinksterdag
volgens die woorde van Jesus te hou.
Toe die dag van die Pinksterfees aanbreek, was hulle
almal op een plek bymekaar. Onverwags het daar uit
die hemel ʼn geluid soos dié van ʼn kragtige stormwind
opgeklink, en dit het die hele huis gevul waar hulle
gesit het.
Tonge, asof van vuur, het aan hulle verskyn,
verdeel en op elkeen van hulle neergedaal.
En almal is vervul met die Heilige Gees, en het in ander
tale begin praat, soos die Gees aan hulle gegee het om
hardop uit te spreek.
Handelinge 2:1–4
Posbus 119 Bundang, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Tel. 031-738-5999 Faks 031-739-5998
Hoofkantoor: 50, Sunae-ro, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Hoofkerk: 35, Pangyoyeok-or, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
ⓒ Wêreldsending-Genootskap-Kerk van God. Alle regte voorbehou. Privaatheidsbeleid